Waar is Lara.

So kry ons Nick, Eugene en Elmarie 2 jong meisies (wie ons nie ken nie) in Checkers op Hermanus. Terwyl ons kyk vir Simba Chips en sjokelade staan een van die meisies by ons en die ander een verder af in die gang en roep "Lara?" Eugene antwoord "Ja". Die meisie roep toe weer "Lara?" en Eugene antwoord weer "Ja". So kom sy toe half geirriteerd aangeloop en Eugene en Elmarie het verder aangeloop. Toe ek alles kry wat ek wou en na Eugene en Elmarie toe loop toe Eugene weer uit "Lara" - en natuurlik bars ons van die lag uit.


So terwyl ons nou in die ry staan om vir ons goed te betaal hou Eugene aan om Lara uit te roep, maar in 'n stem toon tussen "vra of jy Lara is" en uitroep om te hoor "waar Lara is" - en so giggel ons voort.


Ons kry die res van ons familie toe buite en vertel hulle toe van die storie. So loop ons almal uit Checkers toe en ons almal roep uit vir Lara.


Verder langs die pad, oppad na die karre toe, kom ons om 'n draai waar 'n jong meisie goed uit haar kar uit pak en Eugene roep uit "Lara?", en die meisie antwoord "Ja". Op daai oomblik kom Elmarie om die draai en roep ook "Lara?" uit waarop die meisie, genaamd Lara, uitvra "Hoe is dat julle my ken maar ek ken julle van nerens af nie", met 'n glimlag van "what the heck" op haar gesig, waarop ons toe almal uitbars van die lag.


Ons is oortuig die meisie is Eugene se trou vrou, sy't nie te sleg gelyk nie maar ons as broers en susters het help soek vir Lara en haar gekry.


Ashley het belowe haar volgende dier se naam gaan Lara wees.


Die uwe, Lara-Eugene!